Tuis Admin Akademie Sport Kultuur Thaba "Magic" Tjokkerskool
Laerskool Thabazimbi
Buite sport 2017
Buite sport By Laerskool Thabazimbi is ons baie trots op leerders wat buite sport beoefen,
Loné Erasmus ‘n kranige Perderuiter wys haar staal tydens die S.A. Western mounted games se tweede “qualifier” Sy behaal 4 Eerste plekke en 2 Tweede plekke.  Sy word ook aangewys as kampioen van die dag in vlak 0 Lead reign.  Baie geluk Loné ons is super trots op jou.
Baie geluk aan Kristin Lottering met haar pragtige prestasies tydens die S.A. Level 3 Swemkampioenskappe in Pretoria. Kristin verower 1 goue, 1 silwer en 1 brons medalje.  Sy behaal 2 vierde plekke een vyfde plek, een sesde plek en 1 agste plek. Kristin ons is super trots op jou
S.A. Skoleswemkampioenskappe: 10 - 13 April 2017 Baie geluk aan Kristin Lottering.  Kristin neem deel aan die S.A. Skole swem @ Polokwane  en verwerf 1 goue en  2 Silwer  medaljes. Sy word ook aangewys as die Junior Victrix Ludorum.
LIMPOPO GIMNASTIEK
Baie geluk aan Carla du Plessis en Marisa Meyer wat die afgelope naweek hulle Limpopo Kleure in Gimnastiek verwerf het.  Carla en Marisa neem op 23 & 24 Junie deel aan die Noord Zone S.A. kompetisie in Johannesburg.
Loné Erasmus is ‘n kranige  perdryer en presteer pragtig tydens die SAWMGM LP Q Perdrykompetise op die 27ste Mei.  Sy behaal 5 Eerste plekke en 1 tweede plek. Knap gedaan.
Kristin Lottering en Luan Leykauf het gedurende die Julie vakansie 11 - 15 Julie in Durban aan die TYR PRESTIGE GALA deelgeneem. Kristin verwerf ‘n Silwer medalje en kwalifiseer in 2 items vir die S.A. Junior Nasionale Kampioenskappe.  Hierdie kompetisie vind ook in Durban plaas maar eers in 2018.  Luan het hom ook goed van sy taak gekwyt. Baie geluk julle twee, Laerskool Thabazibi is baie trots op julle.
 5 Leerders van Laerskool Thabazimbi het hulle Noordwes Kleure in Hengel verwerf. Agter:  Tiaan Swanepoel, Tommy Swanepoel Voor:  Joshua Malan, M J Klopper, Anelia Bronkhorst Baie geluk julle, Laerskool Thabazimbi is baie trots op julle.
Kristin Lottering het Saterdag 19 Augustus Limpopo gaan verteenwoordig by ‘n Interprovinsiale Gala te Boksburg.  Sy verwerf 2 goue en 1 brons medalje.  Met haar 100m Rugslag swem sy die kwalifiserende tyd vir die Junior Nasionale  Kampioenskappe wat in Maart 2018 plaasvind.  Baie geluk Kristin met hierdie pragtige prestasies ons is super trots op jou.  Jy is ‘n ware ambassadeur vir Laerskool Thabazimbi.