Algemeen:
1.Leerders dra slegs die voorgeskrewe skooldrag en sportdrag.
Eerste spanne dra die voorgeskrewe sportdrag.
Kwaliteit en eenvormigheid moet te alle te nagestreef word.
2. Somersdrag word gedra tydens die eerste 4 maande van die jaar waarna oorgeskakel word na wintersdrag op die eerste
Maandag in Mei.
Op die eerste Maandag in September word daar oorgeskakel na somersdrag, wat gedra word tot die einde van die jaar.
Kennisname geskied voor elke oorskakeling.
3. Die leerlinge se naam moet duidelik op elke kledingstuk aangebring word om die opsporing van die eienaars van verlore
kledingstukke moontlik te maak. Die skool aanvaar geen verantwoordelikheid ten opsigte van die opsporing van klere wat
rondlê, of verlore raak nie.
4. Geen amptelike Laerskool Thabazimbi sportdrag mag gedra word tydens oefening nie.
Skooldrag - Leweransier:
Thaba Sport
Tel: 014 777 1571 / 082 788 9572 - André Cilliers
Klerebank:
By die skool bestaan ‘n klerebank waar ouers skooldrag wat hulle kinders ontgroei het, kan skenk indien hulle so voel. Hierdie klere
word dan aan behoeftige leerlinge geskenk nadat hulle deur die registeronderwyser geïdentifiseer is.
Algemene Voorkoms - Dogters
Hare:
Langhare
- Gevleg of vasgemaak (rooi, wit, Koningsblou linte of rekkies)
Korthare
- Konvensionele styl
Geen kleur of sonstrepies in hare nie
Juwele:
Geen hangertjies en armbande
Slegs seêlringe
Slegs goue knoppies of ringetjies. (Nie meer as een per oor nie)
Naels:
Geen naellak
Naels moet kort en netjies wees
Grimering:
Geen
Skooldrag - Dogters
Somersdrag:
Romp:
Broekromp van voorgeskrewe Koningsblou materiaal
(5cm bokant die knie gedra en moet gemaklik aan die liggaam pas)
Bloes:
Voorgeskrewe blou bloes wat bo-oor die rompie hang
Sokkies:
Kort wit sokkies met blou strepie
Skoene:
Swart skoolskoene met bandjies of toeryg-soort
Haarlinte:
Koningsblou, wit, rooi
Opsioneel:
Voorgeskrewe sweetpakbaatjie, blou v-nek trui of oortrektrui op koue/reêndae
Reênjas verkieslik blou.
Wintersdrag:
Drag:
Grys Langbroek / Broekromp van voorgeskrewe koningsblou materiaal
(5cm bokant die knie gedra en moet gemaklik aan die liggaam pas)
Bloes:
Voorgeskrewe blou bloes
Sokkies:
Lang grys kouse met blou strepie
Skoene:
Swart skoolskoene met bandjies of toeryg soort
Haarlinte:
Koningsblou, wit, rooi
Trui
:
Voorgeskrewe blou V-nek langmoutrui
Oorttrektrui
Opsioneel:
Skoolsweetpakbaadtjie
Serp:
Slegs toelaatbaar as dit koningsblou van die skool is
Algemene Voorkoms - Seuns
Hare:
Hare word kort gehou. Beide ore moet oopgesny wees
Hare raak nie agter aan die kraag nie.
Hare moet nie in die oë hang nie.
Geen uitspattige of vreemde style of jel nie.
Geen “”step’” of “”undercut”nie
Geen kleur of sonstrepies nie
Juwele:
Geen
Naels:
Naels moet kort en netjies wees
Skooldrag - Seuns
Somersdrag:
Broek:
Voorgeskrewe grys kortbroek
Hemp:
Voorgeskrewe ligblou hemp
Kouse:
Lang grys kouse met blou en wit strepies - opsioneel
Skoene:
Swart skoolskoene - opsioneel
Opsioneel:
Voorgeskrewe sweetpakbaadjie, blou v-nek trui of oortrektrui op koue/reêndae
Reênjas verkieslik blou.
Wintersdrag:
Drag:
Grys Langbroek
Hemp:
Voorgeskrewe ligblou hemp
Sokkies:
Lang grys kouse met blou en wit strepies
Skoene:
Swart skoolskoene
Trui
:
Voorgeskrewe blou V-nek langmoutrui
Oorttrektrui
Opsioneel:
Skoolsweetpakbaatjie
Serp:
Slegs toelaatbaar as die koningsblou van die skool is
Skooldrag - Leier Dogters
Somersdrag:
Romp:
Broekromp van voorgeskrewe koningsblou materiaal
(5cm bokant die knie gedra en moet gemaklik aan die liggaam pas)
Bloes:
Voorgeskrewe wit bloes
Sokkies:
Kort wit sokkies met blou strepies
Skoene:
Swart skoolskoene met bandtjies of toeryg soort
Haarlinte:
Koningsblou, wit, rooi
Opsioneel:
Voorgeskrewe blou baadjie
Wintersdrag:
Drag:
Grys Langbroek / Broekromp van voorgeskrewe koningsblou materiaal
(5cm bokant die knie gedra en moet gemaklik aan die liggaam pas)
Bloes:
Voorgeskrewe wit bloes
Sokkies:
Lang grys kouse met blou strepie
Skoene:
Swart skoolskoene met bandjies of toeryg soort
Haarlinte:
Koningsblou, wit, rooi
Trui
:
Voorgeskrewe blou baadjie
Voorgeskrewe wit oorttrektrui
Serp:
Slegs toelaatbaar as dit koningsblou van die skool is
Skooldrag - Leier Seuns
Somersdrag:
Broek:
Voorgeskrewe grys kortbroek
Hemp:
Voorgeskrewe wit hemp
Kouse:
Lang grys kouse met blou en wit strepies
Skoene:
Swart skoolskoene
Opsioneel:
Voorgeskrewe blou baadjie
Voorgeskrewe wit oortrektrui
Wintersdrag:
Drag:
Grys Langbroek
Hemp:
Voorgeskrewe wit hemp
Sokkies:
Lang grys kouse met blou en wit strepies
Skoene:
Swart skoolskoene
Trui
:
Voorgeskrewe blou V-nek
Voorgeskrewe blou baadjie
Serp:
Slegs toelaatbaar as dit koningsblou van die skool is
Laerskool Thabazimbi
Skooldrag