Dit is met groot hartseer dat Laerskool Thabazimbi afskeid neem van Mnr TheronBrand. Mnr Theron is al vir die afgelope 11 jaar verbonde aan Laerskool Thabazimbi as Adjunkhoof.Mnr Theron is bevorder en begin Maandag amptelik as hoof by LaerskoolWarmbad. Mnr Theron het diep spore hier by Laerskool Thabazimbi getrap en laat‘n groot leemte agter veral by die Rugby waar hy ‘n waardevolle bydrae gelewerhet. Mnr Theron Laerskool Thabazimbi bid vir jou en jou gesin die seën van dieHere toe op julle pad vorentoe. Mag jou lig skyn oral waar jy gaan. Mag jullebaie gelukkig wees in Warmbad, ons gaan jou verseker baie mis.
2021Baie geluk aan mnr en mev Harmse met die geboorte van hulle tweede seun Christiaan. Mag hy vir julle baie vreugde bring.
Baie geluk aan Mnr Werner Breytenbach en juf Michelle Marx met julle huwelik 10 Desember 2021.
Baie geluk aan me Kayla Watson met haar Baie geluk aan me Dalicia Taljaard en mnr CJ Jacobs BED Honneursgraad. met julle verlowing.
Baie geluk aan me Marlize du Plessis en Baie geluk aan mnr en mev Niemann metmnr Divan Niemann met julle verlowing. julle huwelik.